
Kerk Geskiedenis
& Leuse
Die NG Gemeente Gamtoosvallei-Oos, is gestig in 1958 en is geleë in die prentjiemooi plattelandse dorp genaamd Patensie in die natuurskoon van die Oos-Kaap. Dit is hoofsaaklik ’n sitrusproduserende gemeenskap. Die gemeente bedien die gemeenskappe van Patensie en Hankey. Die gemeente is 87 km vanaf Gqeberha en 43 km vanaf Humansdorp geleë. Patensie bied aan sy inwoners ’n rustige plattelandse plaasatmosfeer, ’n gemeenskap wat omgee vir mekaar, ’n onstuitbare geloof en wilskrag met aansteeklike entoesiasme. Die mense van Patensie vorm die kern van die dorp.Menseverhoudings is belangrik en ons streef na onderlinge samewerking om die hartklop van die dorpe te versterk.
Ons verbind ons as kinders van ons HERE Jesus om;
God te VERHEERLIK, mekaar te VERSORG; en so HOOP te bring in ons vallei!